Natriumsulfiet

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Natriumsulfiet is 'n sout van natrium en swaeligsuur met die chemiese formule Sjabloon:Ch2. Natriumsulfiet is 'n wit kristal of poeier wat 'n reduseermiddel is. Dt vorm 'n heptahidraat Sjabloon:Ch2 en word dikwels in hierdie vorm verhandel. Die heptahidraat verloor sy 7 watermolekules teen 150 °C[1]

Kristalstruktuur

Natriumsulfiet kristalliseer in 'n trigonale struktuur wat die argetipe van die G3Sjabloon:Sub-strukture van die strukturbericht-klassifikasie is[2]. Twee van die Na-atome word omring deur 6 suurstof op 'n afstand van 2,469A; terwyl die oorblywende twee natriumatome omring word deur 3 suurstofatome op 'n afstand van 246,1pm en deur 3 by 287,0pm. Die struktuur toon die teenwoordigheid van Sjabloon:Ch2-groepe. Die afstand van swaelatoom na die 3 omliggende suurstofatome is 139pm, terwyl die suurstofatome 'n gelyksydige driehoek vorm met afstande van 224pm. Die swaelatoom het 'n verplasing van 51pm uit die vlak van die suurstofdriehoek. Die vorm van die Sjabloon:Ch2-groep is dus soos 'n lae trigonale piramide. Dit is dieselfde tipe struktuur wat vir die ione Sjabloon:Ch2Sjabloon:Sup, Sjabloon:Ch2Sjabloon:Sup, Sjabloon:Ch2Sjabloon:Sup en Sjabloon:Ch2Sjabloon:Sup gevind is.[3]

Eienskappe

Natriumsulfiet vertoon bleik-, ontswawel- en dechloreringseienskappe. Dit kan verkry word deur swaeldioksied deur 'n oplossing van natriumhidroksied of natriumkarbonaat te voer.

Wanneer 'n oplossing van natriumsulfiet met swael gekook word, los die element op onder vorming van natriumtiosulfaat:[4]

2Na+(aq)+SO32(aq)+S(s)2Na+(aq)+S2O32(aq)

Gebruike

Hierdie middel word deur die voedselindustrie gebruik om die vars voorkoms van voedselprodukte te help handhaaf. Dit is ook 'n komponent in baie medisyne, wat help om hul sterkte en stabiliteit te handhaaf. Dit word gebruik om foto's te ontwikkel, tekstiele te bleik, kleurstowwe te vervaardig, glas te versilwer en vleis te bewaar; dit word ook gebruik as 'n antiseptiese ontsmettingsmiddel en as waterbehandelingskemikalie vir industriële ketels en olieputte;[1]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PC
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Aflow
  3. Sjabloon:Cite journal
  4. Sjabloon:Cite book