Nikkeltetrakarboniel

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Nikkeltetrakarboniel of nikkelkarboniel is 'n organometaalverbinding tussen nikkel en koolstofmonoksied met chemiese formule Sjabloon:Chem.

Die stof is uiters vlugtig, toksies, kankerverwekkend, ontvlambaar en plofbaar. Dit word soms die vloeibare dood genoem.

Kristalstruktuur

Teen lae temperature kristalliseer nikkeltetrakarboniel in die kubiese tin(IV)jodied-struktuur (D1Sjabloon:Sub in die strukturbericht-klassifikasie.[1]

Eienskappe

Nikkelkarboniel is 'n molekulêre verbinding en sy molekules het 'n tetraëdriese vorm. Nikkel het 'n oksidasietoestand nul in hierdie verbinding. Dit word reeds teen 40° C uit nikkelmetaal en CO gevorm

Ni(s)+4CO(g)Ni(CO)4

En dit ontbind teen hoër temperature. Dit kan gebruik word om nikkel met 'n hoë suiwerheid te vervaardig en word gebruik in die raffinering van nikkelerts, die vorming van nikkelfilms en -bedekkings. Dit word ook as 'n katalisator in verskeie chemiese reaksies en in glasplatering gebruik.[2]

Nikkelkarbonieldamp se digtheid is amper vier maal so groot as die lug s'n. Dit los maklik op in die meeste organiese oplosmiddels, maar dit is amper onoplosbaar in water. Dit reageer stadig met sout- en swawelsuur en vinnig met salpetersuur of die halogene en vorm die ooreenkomstige nikkelsoute. Broomwater word gebruik om reste van die stof in chemiese opstellings te vernietig. [3]

Vervaardiging

Daar is twee industriële prosesse vir die grootskaale vervaardiging van hierdie verbinding:[3]

  • ‘n Proses by atmosferiese druk wat koolstofmonoksied oor nilkkelsulfied en varsgereduseerde nikkelmetaal lei. (VK)
  • ’n Proses met CO onder hoë druk lei tot die vorming van albei nikkel- en ysterkarboniel. Die twee word deur destillasie geskei.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings