Nitronium

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Eienskappe

Algemeen

Naam Nitronium  
Lys van anione

Nitronium is 'n komplekse katioon met formule Sjabloon:Chem.

Die ioon is onstabiel en baie reaktief. Dit word gevorm in nitreersuur: 'n mengsel van gekonsentreerde salpetersuur en gekonsentreerde swawelsuur. Die meganisme word voorgestel as:

Die ioon word gebruik in reaksies wat nitrering genoem word. Die produkte is dikwels plofstowwe.

Die ioon word ook in vastestowwe soos N2O5 aangetref. Stikstofpentaoksied se vaste struktuur kan voorgestel word as nitroniumnitraat: NO2+NO3, hoewel die damp molekulêr is.[1] Hierdie verbinding is baie onstabiel.

Nitroniumsoute

Die ioon kan soute vorm, maar alleen as die anioon geen nitraatesters kan vorm nie. Die eerste nitroniumsout wat gevind is, was nitroniumperchloraat NO2ClO4 deur Hantsch. Die Ingold-groep het vasgestel dat sy materiaal 'n mengsel was, maar daarna het hulle die suiver perchloraat bereid. Hierdie stof is egter explosief. Later het Olah en Kuhn nitroniumtetrafluoroboraat vervaardig uit:

HNO3+HF+2BF3NO2BF4+BF3.H2O

Hierdie reagense moet watervry wees want nitroniumsoute is baie higroskopies en word deur vog ontleed. Die tetrafluoroboraat is taamlik stabiel en ontleed sonder om te sublimeer by 170°C. Die heksafluoroantimonaat NO2SbF6 is nog stabieler. Hierdie soute kan by kamertemperatuur onbeperk bewaar word en is belangrike reagense vir nitrering.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings