Silikontetrafluoried

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Silikontetrafluoried (Sjabloon:Chem) is 'n verbinding van silikon en fluoor. Silikon is in sy hoogste oksidasietoestand +4.

Molekuulstruktuur

Die stof is by kamertemperatuur 'n baie toksiese. onbrandbare gas en sy molekules het 'n tetraëdriese vorm. Die molekule het geen dipool nie.

Kristalstruktuur

Die vaste fase onder sy sublimasietemperatuur van -94,8 °C kristalliseer in 'n liggaamsgesentreerde kubiese rooster. Dit is die argetipe van die D1Sjabloon:Subb-struktuur in die strukturbericht-klassifikasie.[1]

Chemiese eienskappe

Die stof is deur Scheele in 1771 ontdek. Dit kan gevorm word deur kalsiumfluoried (vloeispaat) met kwarts (sand) en gekonsentreerde swawelsuur te verhit:

2CaF2(s)+2H2SO4(l)+SiO2(s)hitteSiF4(g)+2CaSO4(s)+2H2O(l)

Dit gebeur in oormaat swawelsuur om die gevormde water op te neem. Anders sal silikonfluoried (onvolledig) hidroliseer en 'n mengsel van HF, waterstoffluorosilikaat Sjabloon:Chem en 'n gel van kieselsuur vorm.

'n Ander manier om kleinskaalse hoeveelhede van Sjabloon:Chem te vervaardig is om bariumflurorosilikaat Sjabloon:Chem te verhit:

BaSiF6(s)hitteBaF2(s)+SiF4(g)

Die droë gas kan bo kwik versamel word.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Fluoriede Sjabloon:Normdata