Sinkhidroksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Sinkhidroksied is 'n basis van sink met formule Sjabloon:Ch2.

Van hierdie hidroksied is verskeie modifikasies bekend, waarvan drie in die natuur as mineraal aangetref word: sweetiet,[1] ashoveriet[2] en wülfingiet.[3]

Kristalstrukture

Sjabloon:Epsilon-Sjabloon:Ch2, die wülfingietfase, is die stabiele fase en kristalliseer in 'n ortorombiese kristalstruktuur wat die argetipe van die C31-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[4] Dit is afgelei van die ideale Sjabloon:Beta-kristobaliet-struktuur (C9 in die strukturbericht-klassifikasie). Sjabloon:Beta-Sjabloon:Ch2 het dieselfde struktuur. Die struktuur is op 'n verwronge kubiese digpakking van suurstof gebaseer, waarin een kwart van die tetraëderholtes met sinkatome gevul is. Die gevulde tetraëders is effens gedraai sodat waterstofbindings tussen hulle moontlik is.

Die Sjabloon:Beta, Sjabloon:Gamma, Sjabloon:Delta vorms is nie stabiel nie. Die struktuur van die Sjabloon:Gamma-vorm is ortorombies en bestaan uit Sjabloon:Ch2-tetraëders wat hoekpunte deel en 'n ringstruktuur met drie eenhede vorm. Die ringe is gestapel in die [001] rigting deur hoekpunte te deel.[5]

Onder hoë drukke tussen 1,1 en 2,1 GPa word 'n tetragonale kristoballietagtige fase gevorm, waarskynlik met een van die twee enantiomere ruimtegroepe P4Sjabloon:Sub2Sjabloon:Sub2 (#92) of P4Sjabloon:Sub2Sjabloon:Sub2 (#96). Die oorgang behels 'n rotasie van die starre Sjabloon:Ch2-tetraëders. Bo 2,1 GPa vind nog 'n oorgang plaas wat moontlik van die tweede orde is, maar die simmetrie is nie bekend nie. Onder die kombinasie van hoë druk en hoë temperatuur is nog ander fases gevind. [6]

Chemiese eienskappe

Eenkristalle van Sjabloon:Epsilon-Sjabloon:Ch2 is verkry deur sinkmetaal in 'n oplossing van ammoniak elektrochemies te oksideer.

Sinkhidroksied is 'n amfoteriese hidroksied. Sy oplosbaarheid in water word beheers deur die ewewigte:

Zn(OH)2(s)Zn(OH)+(aq)+OH(aq);K1
Zn(OH)2(s)Zn(OH)2(aq);K2
Zn(OH)2(s)+OH(aq)Zn(OH)3+(aq);K3
Zn(OH)2(s)+2OH(aq)Zn(OH)4+(aq);K4
Zn(OH)2(s)(aq)Zn2+(aq);+2OH(aq)K5oftewelKsp

Die ewewigskonstantes is gemeet:[7]

T (°C) KSjabloon:Subx10Sjabloon:Sup KSjabloon:Subx10Sjabloon:Sup KSjabloon:Subx10Sjabloon:Sup KSjabloon:Subx10Sjabloon:Sup KSjabloon:Subx10Sjabloon:Sup
12,4 1,42 1,12 1,66 1,12 5,70
25,0 1,74 2,54 2,62 1,32 6,47
50,0 2,34 7,70 7,02 2,56 7,92
75,0 3,16 20,2 15,0 2,74 8,99

Gebruike

Sinkhidroksied is 'n aktiewe katalisator vir α-selektiewe oordrag van allielgroepe van allielboronaatreagense na aldehiede.[8]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Hidroksiede