Sinkperoksied
Sinkperoksied kan beskou word as 'n sout van sink en waterstofperoksied. Dit is 'n ligte sametrekkende streelmiddel en antiseptikum in 'n vloeimiddel, met die molekulêre formule ZnO2. Dit word gebruik vir ekseem, luieruitslag en sonbrand. Die koms van kortisoon het die gebruik van hierdie middel grootliks verminder. Die kommersiële produk bevat gewoonlik >40% sinkoksied. [1]
Kristalstruktuur
Sinkperoksied kristalliseer in die kubiese piriet-struktuur (C2 in die strukturbericht-klassifikasie). Die verbinding is termies stabiel tot 180°C. Hierbo ontbind dit tot nanokristallyne sinkoksied wat teen 900°C herkristalliseer.[2]
Nanokristallyne sinkperoksied
Sjabloon:Chem-NP van ~6 nm kan verkry word deur 'n sol-gel-metode onder sonikasie met ultraklank en die reaksie van sinkasetaat en waterstofperoksied:
Sinkperoksied het 'n groot indirekte bandgaping (~ 4,5 eV) en 'n absorpsiemaksimum in die ultraviolet naby 265 nm. Suspensies van Sjabloon:Chem-NP is 'n fotokatalisator wat nitrobenseen kan vernietig, wat toksiese besoedeling veroorsaak.[3]
Bron
- Dokter in die huis, Dr Jan van Elfen, 1993 ISBN 0 624 03234 5
Verwysings
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedAC - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedPudza - ↑ Sjabloon:Cite journal