Vloeimeetskyf

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

'n Vloeimeetskyf (Engels="flow orifice" of "orifice plate") is 'n instrument wat die vloeitempo in 'n pyp meet. Dit werk op die Bernoulli-beginsel wat bepaal dat 'n toename in die snelheid van 'n vloeier gepaard gaan met 'n afname in druk of 'n afname in die vloeistof se potensiële energie as gevolg van swaartekrag.

Dus word die vloeier versnel deur 'n vernouer in die pyp. Die drukval word dan gemeet en daardeur word die vloei bereken.

Meetskyfvergelyking

Die algemene vergelyk om die vloei deur 'n meetskyf te bepaal word soos volg gegee:

Q=CdAo2(ΔP+ρgΔh)ρ(1β4) Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces ΔP=12ρ(1β4)(QCdAo)2ρgΔh

Die eenhede moet so gekies word sodat al die eenhede uit kanselleer en daarom word die volgende eenhede in die algemeen gebruik:

  • Q = Volume vloeitempo in m3/s
  • Cd = Meetskyfvloeikoëffisiënt groter as 1 (dimensieloos)
  • Ao = Deursnitarea van die meetskyf se gaatjie in m2
  • ΔP = Drukval oor meetskyf in Pa (Pascal)
  • ρ = Digtheid van die vloeier in in kg/m3

Gewoonlik is die term ρgΔh weglaatbaar klein.

Die benaderingsfaktor word soms soos volg gedefinieer:

E=11β4

En dan kan die algemene formule soos volg vereenvoudig word:

Q=CdAoE2(ΔP+ρgΔh)ρ Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces ΔP=12ρ(QCdAoE)2ρgΔh

Daar is heelwat alternatiewe op hierdie vergelyking, wat die Beta-waarde insluit soos byvoorbeeld (die Beta-waarde is die verhouding tussen die gaatjiediameter en die binne pypdiameterː β = Ao/A = do/d)ː

Q=Cβ2Ao2ΔPρ Sjabloon:Spaces waar Sjabloon:Spaces C=Cdβ21β4
Q=CAoY2ΔPρ(1β4)[1] Sjabloon:Spaces waar Sjabloon:Spaces C=CdY
Q=CAo2ΔPρ(1β2) Sjabloon:Spaces waar Sjabloon:SpacesC=Cd1β21β4


Vir elkeen van hierdie verskillende vergelykings is daar verskillende metodes om die vloeikoëffisiënt C of Cd te bereken.

Vloeikompensasie vir gasse

Beide gemete vloeistof- en gasvloeie moet altyd gekompenseer word vir dightheid. Hierdie kompensasie vind plaas volgens die algemene formule vir drukvalː

V=KΔPρV21ρ

In die geval van vloeistowwe is die digtheid vir praktiese doeleindes slegs 'n funkie van temperatuur, maar gewoonlik word 'n konstante digtheid aangeneem.

In die geval van gasvloeie is die digtheid 'n funksie van druk, molêre massa en temperatuur:

ρ=PMRT

Vir belangrike gasvloeie word die druk en temperatuur gemeet en word die gemete waarde gebruik om die vloei te kompenseer. Gewoonlik word die molêre massa as konstant aanvaar omdat dit so moeilik is om die molêre massa te meet. Minder belangrike gasvloeie, waar die druk en temperatuur redelik konstant bly, word gekompenseer vir konstante druk en temperatuur.

Wanneer die waardes wat vir kompensasie gebruik is verouderd of bloot verkeerd is, kan hierdie gemete vloeie gekompenseer word met meer akkurate inligting, indien beskikbaar. Die volgende formules kan gebruik word (kyk Bylaag E vir die afleiding van hierdie formules):

Volumevloeitempo (bv m3/h):

V=V0×ρ0ρ

V=V0×P0P×M0M×TT0

Massavloeitempo (bv kg/h):

W=W0×PP0×MM0×T0T

Normaalvloeitempo (bv m3n/h of kmol/h):

Vn=Vn,0×PP0×M0M×T0T

Waar:

  • M = Molêre massa (in kmol/kg)
  • P = Absolute druk (bv kPa(a))
  • T = Absolute temperatuur (in Kelvin)
  • V = Volumevloeitempo (bv m3/h)
  • W = Massavloei (bv kg/h)
  • ρ = Digtheid (bv kg/m3)
  • Vn = Normaalvloei (bv m3n/h of kmol/h)
  • Voetskrif "0" = Verwysings proseskondisies (bv volgens datastaat = oorspronklike ontwerp)
  • Geen voetskrif = Huidige proseskondisies

Vloeimetingkorreksie

Soms is die vloeimeting verkeerd gekalibreer wanneer daar in werklikheid geen vloei is nie. Wanneer die klep toe is, gee dit nietemin 'n vloeilesing. Dit word 'n nulfout genoem, en so 'n verkeerde lesing word gekorrigeer deur aanwending van die volgende vergelyking:

Vwerklik=Vgemeet2V02

Waar:

  • Vwerklik = Werklike vloei
  • Vgemeet = Gemete vloei
  • V0 = Nulfout = vloei wanneer die werklike vloei nul is

Kyk ook

Bylae

Bylaag A: Afleiding van formule van berekening

Simbole:

Simbool Beskrywing Eenheid
v Vloeistof se snelheid by 'n punt op 'n stroomlyn m/s
g Swaartekragversnelling 9.81 m/s2
h Die hoogte van 'n punt bo 'n verwysingsvlak m
P Die druk by 'n punt Pa
ρ Die digtheid van die vloeistof kg/m3
Q Volumevloeitempo m3/s
A Deursnitarea van pyp (A = πd2/4) m2

Volgens die Bernoulli-beginsel is:

v22+gh+Pρ=konstant
Lêer:Meetskyf afleiding formule.png

Indien (1) voor die meetskyf is en (o) in die gaatjie van die meetskyf, dan is:

v122+gh1+P1ρ1=vo22+gho+Poρo
As Sjabloon:Spaces v=QA
12(Q1A1)2+gh1+P1ρ1=12(QoAo)2+gho+Poρo
12(Qo2Ao2Q12A12)=g(h1ho)+(P1ρ1Poρo)
As Sjabloon:Spaces Q=Q1=Qo Sjabloon:Spaces en Sjabloon:Spaces ρo=ρ1=ρo
Q22(1Ao21A12)=gΔh+ΔP1ρ
As Sjabloon:Spaces β=dod1 Sjabloon:Spaces en Sjabloon:Spaces A=π4d2 Sjabloon:Spaces en Sjabloon:Spaces AoA1=do2d12β2
En Sjabloon:Spaces (1Ao21A12)=1Ao2(1Ao2A12)=1Ao2(1β4)
Q221Ao2(1β4)=ρgΔh+ΔPρ
Q2=Ao22(ρgΔh+ΔP)ρ(1β4)
Q=Ao2(ρgΔh+ΔP)ρ(1β4)


Hierdie gee die teoretiese drukval tussen die punt voor die meetskyf (d1) en binne die meetskyf (do). Volgens die Bernoulli-beginsel behoort die druk na die meetskyf weer volledig te herstel sodat P1=P2, maar as gevolg van energieverliese in die vorm van hitte en klank, herstel die druk nooit weer ten volle nie. Daarom is dit nodig om die dimensielose uitlaatvloeikoëffisiënt Cd in te sluit. Die uitlaatvloeikoëffisiënt gee 'n aanduiding van hoeveel die drukval herstel en daarom is Cd>1 (Cd maak die drukval kleiner, of die vloei groter). Die vergelyking word dan:

Q=CdAo2(ΔP+ρgΔh)ρ(1β4) Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces ΔP=12ρ(1β4)(QCdAo)2ρgΔh

Let wel, die eenhede moet so gekies word sodat al die eenhede uit kanselleer. Tipiese eenhede wat sal werk is:

Q in m3/s, Sjabloon:Spaces ΔP in Pa = kg/(m.s2), Sjabloon:Spaces ρ in kg/m3, Sjabloon:Spaces A in m2

Gewoonlik is die term ρgΔh weglaatbaar klein.

Bylaag B: Balansering van eenhede

Die algemene formule vir die vloei deur 'n meetskyf word soos volg gegee:

Q=CAo2ΔPρ Sjabloon:Spaces waar Q in m3/s, ΔP in Pa en ρ in kg/m3 is.

Om te wys dat die meetskyfvloeikoëffisiënt geen eenhede het nie:


m3s=m2Pakg/m3=m2Pam3kg

Omdat ΔP=ρgΔh, is die eenhede van druk ook:

Pa=kgm3×ms2×m1=kgm.s2

Indien hierdie vervang word in die boonste vergelyking:

m3s=m2kgm3kgms2=m2m2s2=m3s

Dus is die meetskyfvloeikoëffisiënt dimensieloos.

Bylaag C: Skakel algemene formule om na meer algemene eenhede

Algemene formule

Die algemene formule vir die vloei deur 'n meetskyf word soos volg gegee:

Q=CAo2ΔPρ Sjabloon:Spaces waar Q in m3/s, ΔP in Pa en ρ in kg/m3 is.

Die algemene formule kan soos volg omgeskakel word na meer algemene eenhede soos:

  • V = Volumevloeitempo in m3/h (in plaas van m3/s)
  • W = Massavloeitempo in kg/h
  • ΔP = Die drukval oor die meetskyf in kPa in plaas van Pa
  • hw = Die drukval oor die meetskyf in millimeter water by 4 °C. Dus is die drukval = ΔP = ρghw/1000000 = ghw/1000 kPa
  • ρ = Die digtheid van die vloeier by bedryfkondisies in kg/m3
  • β = d0/d = die verhouding tussen die gaatjiediameter en die binne pypdiameter. Gewoonlik ~ 0.7
  • do = Gaatjiediameter in millimeter in plaas van Ao in m2
  • C = Meetskyfvloeikoëffisiënt ~ 0.692
  • SG = Spesifieke gravitasie (Die verwysingsdigtheid is die digtheid van water by 4 °C = 1000 kg/m2.)) in plaas van digtheid (ρ).
  • g = Swaartekragversnelling = 9.81 m/s2

Volumevloeitempo (V), gaatjiediameter (do), drukval (ΔP) en digtheid (ρ)

V in m3/h, ΔP in kPa, gaatjiediameter do in mm en ρ in kg/m3:


V3600=C[π4(do1000)2]2ΔP×1000ρ


V=0.0028274Cdo22000ΔPρ

V=Cdo2ΔP62.544ρ Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces ΔP=62.544ρ1(VCdo2)2

Massavloeitempo (W), gaatjiediameter (do), drukval (ΔP) en digtheid (ρ)

Indien W=ρV, dan:

Wρ=Cdo2ΔP62.544ρ

W=Cdo2ρΔP62.544 Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces ΔP=62.243ρ(WCdo2)2

Volumevloeitempo (V), gaatjiediameter (do), drukval (hw) en vloeistof SG)

As:

QV3600
Ao=π4(do1000)2
ΔP(Pa)=ρghw1000=1000×9.81×hw1000=9.81×hw
SG=ρρvan water by 4Cρ=1000×SG

Dan is:

V3600=C[π4(do1000)2]2×9.81×hw1000×SG


3600×π4×1000000×2×9.811000=0.00039604

V=0.00039604Cdo2hwSG Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces hw=SG(V0.00039604Cdo2)2

Bylaag D: Formule in terme van snelheid en oop area

Die meetskyfvergelyking kan ook herskryf word in terme van vloeisnelheid v en % opening α:

% Oop area:Sjabloon:Spaces α=π4do2π4d2=(dod)2

Volumevloei:Sjabloon:Spaces V=v×A×3600=v×π4(d1000)2×3600=3600π4×106d2v

Hakies:Sjabloon:Spaces Vβ2do2C=3600π4×106d2v(dod)2do2C=3600π4×106v(dod)2(dod)2C=3600π4×106vα2C

Dus:

ΔP=62.243ρ(Vβ2do2C)2=62.243ρ(3600π4×106)2(vα2C)2=4.9759×104ρ(vα2C)2
ΔP=4.9759×104ρ(vα2C)2

Waar:

  • ΔP = Die drukval oor die meetskyf in kPa.
  • ρ = Die digtheid van die vloeier by bedryfkondisies in kg/m3.
  • v = Die snelheid van die vloeier voor of ná die meetskyf in m/s.
  • α = die fraksie oop area (0 tot 1).
  • C = Meetskyfvloeikoëffisiënt ~ 0.692

Bylaag E: Afleiding van formules vir vloeikompensasie

Gebruik die algemene formule vir drukvalː

V=KΔPρV21ρ

Vir gasse kan die dightheid soos volg bepaal word:

ρ=PMRT

Dus kan die algemene formule vir drukval soos volg geskryf word:

V21ρTPM(1)


In die afleidings hieronder, dui die voetskrif "0" die proseskondisies volgens ontwerp (dit is volgens die datastaat) aan, en sonder die voetskrif die nuwe gekompenseerde waarde.

In terme van volumevloei

Vir volumevloei kan vergelyking (1) soos volg geskryf wordː

(VV0)2=P0P×M0M×TT0V=V0×P0P×M0M×TT0

In terme van massavloei

Indien:

W=ρVV=Wρ

Vervang bogenoemde in (1):

(Wρ)2TPMW2(PMT)2(TPM)=PMT


(WW0)2=PP0×MM0×T0TW=W0×PP0×MM0×T0T

In terme van normaalvloei

Normaalvloei is in wese gelykstaande aan molvloei: 1 kmol gas = 22.314 m3 by normal kondisies (kyk Ideale gaswet). Dit kan ook soos volg geskryf word:

Volgens die ideale gaswet is:

PV=nRTV=nRTPVnTP


Vervang bogenoemde in (1):

waar n˙ = molvloei, W = massavloei en M = molêre massa

(n˙TP)2TPMn˙2(PT)2(TPM)=PTM


(n˙n˙0)2=(VnVn,0)2=PP0×M0M×T0TVn=Vn,0×PP0×M0M×T0T

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Normdata