Sulfied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Eienskappe

Algemeen

Naam Sulfied  
 
Chemiese formule Sjabloon:Chem 
Ioonradius 1,84 Å[1] 
Termochemiese radius 1,89(19) Å[2] 
Kristalradius 1,7 Å[1] 
Λm 109,8 [Scm2/mol][3]
Lys van anione

'n Sulfied is 'n sout wat die swawelioon Sjabloon:Chem bevat of 'n verbinding tussen 'n metaal en swawel. Die swawelioon Sjabloon:Chem is die suurres van waterstofsulfied (Sjabloon:Chem). Die naam sulfied word soms ook gebruik vir 'n tioëter, 'n organiese verbinding met 'n -S- funksionele groep.

Die oksidasietoestand van die swawelatoom Sjabloon:Chem is 2- en die ioon het reduserende eienskappe. Dit kan byvoorbeeld oksideer tot die disulfiedioon (Sjabloon:Chem). Verbindings soos Sjabloon:Chem wat die disulfiedioon bevat, word soms ook sulfiede genoem.

2S2S22+2e

Oksidasie na die neutrale element of die +4 of +6 toestand is ook moontlik.

Die sulfiede van die alkalimetale is oplosbaar in water. Ander sulfiede is onoplosbaar, of in die geval van kopersulfiede baie sterk onoplosbaar. Sulfiede soos Sjabloon:Chem of Sjabloon:Chem is higroskopies en gee sterk basiese oplossings omrede die tweede suurkonstante van Sjabloon:Chem 'n baie hoë waarde het: pKa2=19. Die sulfiedioon sal hidroliseer volgens die reaksie:

S2+H2OHS+OH

Met sure sal dit verder hidroliseer en die giftige waterstofsulfiedgas vrystel.

Sulfiedoplossings is in staat om swawel op te los, waarby disulfied, of hoër polisulfiede gevorm word. 'n Verbinding soos Sjabloon:Chem is 'n goeie voorbeeld van 'n polisulfied. Dit bevat die tetrasulfiedioon Sjabloon:Chem met 'n ketting van vier swawelatome.

'n Sulfied soos kalsiumsulfied Sjabloon:Chem is nie in water oplosbaar nie, maar het die kenmerkende stank reuk van waterstofsulfied vanweë hidrolisasie en sal in water ontbind.

Party sulfiede van oorgangsmetale is egter baie stabiel ten opsigte van hidrolisasie. Hulle kan halfgeleidende of geleidende eieskappe besit en nie-stoigiometriese verbindings oplewer. Sulfidiese minerale kom natuurlik voor en sommige van hulle is belangrike ertse.

Sien ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Eksterne skakels

Sjabloon:Sulfiede Sjabloon:Normdata

  1. 1,0 1,1 Sjabloon:Cite web
  2. Thermochemical Radii of Complex Ions Sjabloon:Outeur Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
  3. Sjabloon:Webaanhaling