Waterstoftelluried

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Waterstoftelluried is 'n verbinding van waterstof en telluur in sy -2 oksidasietoestand en formule Sjabloon:Chem. Die soute word telluriede genoem.

Dit is 'n toksiese, brandbare en baie onwelriekende gas wat oplosbaar is in water. Dit is 'n suur wat amper so sterk soos fosforsuur is.[1]

Die vorming van die verbinding is endotermies en dit kan nie uit die elemente gevorm word nie. Gewoonlik word dit deur hidrolise van 'n metaaltelluried soos Sjabloon:Chem of Sjabloon:Chem vervaardig. Natriumtelluried kan vervaardig word deur telluur in watervrye vloeibare ammoniak op te los en te laat reageer met natrium.

Sjabloon:Chem los in water, alkohol en basisse op, maar die gas is in lug nie stabiel nie en ontbind vinnig deur oksidasie in telluur en water.

2H2Te(g)+O2(g)2Te(s)+2H2O(l)

Reagens

Waterstoftelluried word in die organiese chemie as reduserende reagens gebruik. Dit reduseer α,β-onversadigde karbonielverbindings tot ketone teen milde temperature. Teen hoër temperature, na langer reaksietye of met 'n oormaat Sjabloon:Chem word die alkohole gevorm. Aromatiese nitro-verbindings word tot anilines gereduseer. Hierdie reaksie is doeltreffender wanneer dit in THF uitgevoer word. NaHTe is nie as vastestof geïsoleer nie, maar dit vorm in oplossing. Dit hidrogeneer olefiene. [2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named CB
  2. Sjabloon:Cite book