Bariumoksied
Sjabloon:Chemiekas2 Bariumoksied is 'n verbinding van barium met suurstof met die formule Sjabloon:Ch2.
Kristalstruktuur
Bariumoksied kistalliseer met die haliet-struktuur,[1] wat die B1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.
Chemiese eienskappe
Bariumoksied, ook bekend as baria, is 'n geelwit higroskopiese nie-vlambare materiaal. [2]
Dit kan verkry word deur bariumnitraat te verhit:[2]
'n Ander metode is om bariumkarbonaat te kalsineer:
Om te verhoed dat bariumperoksied gevorm word, word dikwels koolstof bygevoeg, maar dit gee 'n swart produk. [2]
Bariumoksied is 'n sterk Lewisbasis wat heftig met sure kan reageer.[3]
Gebruike
Dit word gebruik as 'n deklaag vir warm katodes, in katodestraalbuise, en in die vervaardiging van sekere soorte glas, soos optiese kroonglas.[4]
Dit word ook as alternatief vir lood(II)oksied in die produksie van optiese kroonglas gebruik vanweë bariumoksied se hoë bydrae tot die brekingsindeks van glas. Ander gebruike sluit in:
- 'n etoksileringskatalisator in die reaksie tussen alkohole en etileenoksied
- 'n droogmiddel vir die droog van gasse en oplosmiddels. Dit het 'n bykomende voordeel dat dit nie met vog swel of nat en taai word nie.[2]
Verwysings
Sjabloon:Oksiede Sjabloon:Normdata
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedKelly - ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 Sjabloon:Cite web
- ↑ Sjabloon:Cite web
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedPC