Bariumoksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Bariumoksied is 'n verbinding van barium met suurstof met die formule Sjabloon:Ch2.

Kristalstruktuur

Bariumoksied kistalliseer met die haliet-struktuur,[1] wat die B1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.

Chemiese eienskappe

Bariumoksied, ook bekend as baria, is 'n geelwit higroskopiese nie-vlambare materiaal. [2]

Dit kan verkry word deur bariumnitraat te verhit:[2]

2Ba(NO3)2hitte2BaO+4NO2+O2

'n Ander metode is om bariumkarbonaat te kalsineer:

BaCO3hitteBaO+CO2

Om te verhoed dat bariumperoksied gevorm word, word dikwels koolstof bygevoeg, maar dit gee 'n swart produk. [2]

Bariumoksied is 'n sterk Lewisbasis wat heftig met sure kan reageer.[3]

Gebruike

Dit word gebruik as 'n deklaag vir warm katodes, in katodestraalbuise, en in die vervaardiging van sekere soorte glas, soos optiese kroonglas.[4]

Dit word ook as alternatief vir lood(II)oksied in die produksie van optiese kroonglas gebruik vanweë bariumoksied se hoë bydrae tot die brekingsindeks van glas. Ander gebruike sluit in:

  • 'n etoksileringskatalisator in die reaksie tussen alkohole en etileenoksied
  • 'n droogmiddel vir die droog van gasse en oplosmiddels. Dit het 'n bykomende voordeel dat dit nie met vog swel of nat en taai word nie.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Oksiede Sjabloon:Normdata

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kelly
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Sjabloon:Cite web
  3. Sjabloon:Cite web
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PC