Bariumnitraat
Bariumnitraat is 'n sout van barium en salpetersuur. Die formule is Sjabloon:Ch2.
Kristalstruktuur
Bariumnitraat kristalliseer in die kubiese struktuur van lood(II)nitraat,[1] G2Sjabloon:Sub in die strukturbericht-klassifikasie.
Chemiese eienskappe
Bariumnitraat kan gevorm word deur bariumkarbonaat in salpetersuur op te los:[2]
By verhitting ontbind dit tot bariumoksied:[2]
Gebruike
Pirotegnies
Dit word gebruik om bariumperoksied te maak en vir 'n groen kleur in vuurwerk.[3]
Opties
Bariumnitraatkristalle word gebruik as 'n medium in Ramanlasers. Hierdie mediums word met 'n ander laser gepomp en lewer dan deur gestimuleerde Ramanemissie laserlig met 'n verskuifde golflengte. Bariumnitraat is een van die belangrikste kristalle vir vaste-toestand Raman-verskuiwing in terme van die Raman-versterkingskoëffisiënt. Bariumnitraat beskik ook oor 'n matige breë deursigtigheidsgebied (0,33-1,8 μm) en 'n hoë skadedrempel. Nadele van bariumnitraatkristal is lae termiese geleidingsvermoë (1,17 W/mK) en hoë elektro-optiese koëffisiënt (dn/dT = -20 × 10Sjabloon:SupKSjabloon:Sup), wat lei tot 'n termiese lenseffek. Die kristal is sag en higroskopies, daarom moet dit met omsigtigheid behandel word.[4]
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Nitrate
- ↑ Sjabloon:Cite journal
- ↑ 2,0 2,1 Sjabloon:Cite book
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedPC - ↑ Sjabloon:Cite web