Natriumtiosulfaat
Natiumtiosulfaat is 'n sout van natrium wat die tiosulfaatioon Sjabloon:Ch2 bevat. Dit is is 'n higroskopiese stof wat 'n pentahidraat Sjabloon:Ch2 vorm.
Dit is 'n reduseermiddel.
Kristalstuktuur
Watervrye natriumtiosulfaat kristalliseer in 'n monokliniese struktuur. Die tiosulfaatioon het 'n amper tetraëdriese vorm met 'n sentrale swaelatoom. Daar is drie suurstofligande en een swaelligand.
Chemiese eienskappe
Natriumtiosulfaat kan verkry word deur 'n oplossing van natriumsulfiet met swaelpoeier te kook. [1]
Gebruike
Jodometrie
Natriumthiosulfaat is 'n belangrike reagens in 'n vorm van titrasie wat jodometrie genoem word. [2]
Medies
Een metode om sianiedvergiftiging te behandel, behels die toediening van 'n kombinasie van natriumtiosulfaat en natriumnitriet. Daar word geglo dat natriumtiosulfaat sy teenmiddel-effek uitoefen deur as 'n swaelskenker te dien, en sodoende die tempo biotransformasie van sianied na tiosianaat verhoog wat deur rhodanese gekataliseer word. [3]
Fotografie
Natriumtiosulfaat is een van die min bekende stowwe wat silwerbromied kan oplos. As sodanig word dit in fotografiese prosedures gebruik. In hierdie proses, bekend as "fiksasie", word die silwerbromied wat in die opname nie aan lig blootgestel is nie in 'n oplossing van natriumtiosulfaat opgelos deur dit te laat reageer tot oplosbare komplekse tiosulfate van silwer en natrium.[4]