Berilliumhidroksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Berilliumhidroksied is 'n basis van berillium met die chemiese formule Sjabloon:Ch2

Dit is 'n amfoteriese stof.[1]

Die ortorombiese Sjabloon:Beta-fase word in die natuur as die mineraal behoïet aangetref.[2] Daar is ook 'n monokliniese mineraal met algemene formule Sjabloon:Ch2, klinobehoïet.[3]

Kristalstruktuur

Sjabloon:Beta-Berilliumhidroksied kristalliseer in die ortorombiese sinkhidroksied-struktuur wat die kode C31 in die strukturbericht-klassifikasie het. Dit is die stabiele fase. Wanneer hidroksied by 'n oplossing van Sjabloon:Ch2 bygevoeg word, ontstaan 'n metastabiele Sjabloon:Alfa-fase wat tetragonaal is en dikwels 'n amorfe gel vorm.[1]

Teen hoë drukke van P>1,5-2,0 GPa word uit die Sjabloon:Beta-fase die Sjabloon:Gamma-fase gevorm. Dit is ook ortorombies. Die oorgang is omkeerbaar en die volumeverskil is amper nul. Die oorgang is waarskynlik van die tweede orde.[4]

Eienskappe

Dit is 'n byproduk van die ontginning van die metaal berillium uit beriel en bertrandiet, sy belangrikste ertse.[1]

Sjabloon:Beta-Berilliumhidroksied los in oplossings van natriumhidroksied op en vorm "berillate":[1]

2Na+(aq)+2OH−(aq)+Be(OH)2(s)→2Na+(aq)+Be(OH)42−

Met sure word die Sjabloon:Ch2-katioon gevorm, soos met swaelsuur:[1]

2Be(OH)2+H2SO4→[Be(OH)]2SO4+2H2O

Gebruike

Berilliumhidroksied is die sleutelverbinding wat gebruik word om 'n verskeidenheid berilliumverbindings te verkry.[1]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Hidroksiede

  1. ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named "Ropp".
  2. ↑ Sjabloon:Cite web
  3. ↑ Sjabloon:Cite web
  4. ↑ Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named "Shel".