Berilliumhidroksied
Berilliumhidroksied is 'n basis van berillium met die chemiese formule Sjabloon:Ch2
Dit is 'n amfoteriese stof.[1]
Die ortorombiese Sjabloon:Beta-fase word in die natuur as die mineraal behoïet aangetref.[2] Daar is ook 'n monokliniese mineraal met algemene formule Sjabloon:Ch2, klinobehoïet.[3]
Kristalstruktuur
Sjabloon:Beta-Berilliumhidroksied kristalliseer in die ortorombiese sinkhidroksied-struktuur wat die kode C31 in die strukturbericht-klassifikasie het. Dit is die stabiele fase. Wanneer hidroksied by 'n oplossing van Sjabloon:Ch2 bygevoeg word, ontstaan 'n metastabiele Sjabloon:Alfa-fase wat tetragonaal is en dikwels 'n amorfe gel vorm.[1]
Teen hoë drukke van P>1,5-2,0 GPa word uit die Sjabloon:Beta-fase die Sjabloon:Gamma-fase gevorm. Dit is ook ortorombies. Die oorgang is omkeerbaar en die volumeverskil is amper nul. Die oorgang is waarskynlik van die tweede orde.[4]
Eienskappe
Dit is 'n byproduk van die ontginning van die metaal berillium uit beriel en bertrandiet, sy belangrikste ertse.[1]
Sjabloon:Beta-Berilliumhidroksied los in oplossings van natriumhidroksied op en vorm "berillate":[1]
Met sure word die Sjabloon:Ch2-katioon gevorm, soos met swaelsuur:[1]
Gebruike
Berilliumhidroksied is die sleutelverbinding wat gebruik word om 'n verskeidenheid berilliumverbindings te verkry.[1]