Pitotbuis

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Lêer:Pitotbuis.PNG
Die konfigurasie van 'n pitotbuis.

'n Pitotbuis is 'n drukinstrument wat gebruik word om die snelheid van 'n vloeier te meet. Dit word vandag veral gebruik om die snelheid (of spoed) van 'n vliegtuig te bepaal.

'n Annubar, wat vloei in 'n pyp meet, gebruik dieselfde beginsel.

Die formule wat gebruik word om die snelheid te bereken, is die volgende:

v=2(P2P1)ρ

Voorbeeld[1]

'n Pitotbuis word gebruik om die vloeitempo van water by 20 °C te meet in die middel van die pyp met 'n diameter van 102,3 mm. Die manometerlesing is 78 mm koolstoftetrachloried (CCl4) by 20 °C. Die pitotbuiskoeffisient is 0,98. Bereken die snelheid in die middel van die pyp, die gemiddelde snelheid en die vloeitempo in die pyp.

Antwoord

Om die antwoord te kry, word daar eers na die stelsel vanuit 'n dinamiese hoek gekyk:

Dinamiese probleem:

Die meganiese energiebalans (MEB) tussen punt 1 en punt 2 is soos volg:

ΔPρ+Δv22α+g.Δz+F=Wsm˙

Tussen punt 1 en 2, geld die volgende:

Δz=0 (hoogteverskil)
F=0 (gebruik wrywingsfaktor van 0,98)
α=1 vir turbulente vloei
Ws=0 (werk verrig)

Die MEB (meganiese energiebalans) word soos volg afgelei uit die Bernoulli-beginsel:

v22α+gz+Pρ=k
v122α+gz1+P1ρ1=v222α+gz2+P2ρ2
ΔPρ+Δv22α+g.Δz=0

Indien wrywing en werk verrig ingesluit word, verander dit soos volg:

ΔPρ+Δv22α+g.Δz+F=Wsm˙

Dus:

P2P1ρ+v22v122=0
v2=0
v1=vmaks
v1=vmaks=2(P2P1)ρ

Nou het ons vmaks in terme van P1 en P2. Om P1 en P2 te bepaal, moet daar na die stelsel vanuit 'n statiese hoek gekyk word.

Statiese probleem:

P3=P2+ρgh=P2+ρw.g.(h+x)
P4=P1+ρgh=P1+ρw.g.x+ρCCL4.g.h
P3=P4
P2+ρw.g.(h+x)=P1+ρw.g.x+ρCCL4.g.h
P2P1=ρw.g.x+ρCCL4.g.hρw.g.(h+x)=ρCCL4.g.hρw.g.h=gh(ρCCL4ρw)

Dus:

vmaks=2(P2P1)ρ=2(gh(ρCCL4ρw)ρ

Nou kan vmaks bereken word.

Kyk ook

Voetnotas

Sjabloon:Verwysings

  1. Analysis of a Pitot Tube (Youtube video)