Pypvloei

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Pypvloei of pyphidrolika handel oor die drukval in 'n pyp.

In 'n pypstelsel geld die volgende:

ΔPa=ΔPEL+ΔPKE+ΔPEP+ΔPf+ΔPCV+ΔPEQ

waar:

ΔPa = Drukverhoging wat 'n pomp in die sisteem veroorsaak.

ΔPEL = Drukverskil wat veroorsaak word deur 'n verskil in hoogte of elevasie. Dit is die Potensiële energie.

ΔPKE = Kinetiese energie

ΔPEP = Drukverskil tussen die begin en eindpunt

ΔPf = Drukval in die pyp a.g.v. wrywing

ΔPCV = Drukval oor die beheerklep

ΔPEQ = Drukval oor ander toerusting in die lyn, soos bv. reaktore, kolomme, hitteruilers en 'n vloeimeetskyf. Pypvernouers, elmboë en T-stukke word hanteer onder wrywingsdrukval (ΔPf).

Elke term van hierdie vergelyking word hieronder bespreek:

Pompdrukhoogte (ΔPa)

Die drukverhoging wat 'n pomp bewerkstellig word bepaal deur die karakteristieke van elke pomp. Elke pomp het 'n ander pompkurwe met volumevloei op die X-as en pomphoogte, NPSHR, drywing en pompeffektiwiteit. Kyk byvoorbeeld die pompkurwe vir 'n sentrifugale pomp.

Elevasie-drukverskil (ΔPEL)

Hierdie verwys na die potensiële energie wat die vloeier besit. Dit word bereken deur die formule:

ΔPEL=ρ×g×h

waar:

  • ΔPEL = Drukverskil in kPa
  • ρ = digtheid van die vloeier in 1000 kg/m3 of kg/liter of ton/m3
  • g = Swaartekragversnelling = 9.81 m/s2
  • h = Hoogteverskil in meter

Dus, in eenheidsimbole:

kgm3×ms2×m=kgms2=Pa

Kinetiese energie (ΔPKE)

Wanneer 'n pypstelsel gemodelleer word, moet die verandering in kinetiese energie ook in ag geneem word.

  • Vir turbulente vloei (Re ≥ 2000): α = 1
  • Vir laminêre vloei (Re < 2000): α = 0.5
pv=ρu22000
ΔPKE=Δ(pvα)=Δ(ρu22000α)
Voorbeeld ΔPKE
Lêer:Kinetiese energie van vloeier 1.png
u1=0,u2>0ΔPKE=pv,2α
Lêer:Kinetiese energie van vloeier 2.png
u1=0,u2=0ΔPKE=0
Lêer:Kinetiese energie van vloeier 3.png
u1>0,u2=0ΔPKE=pv,1α
Lêer:Kinetiese energie van vloeier 4.png
u1=u2ΔPKE=0
Lêer:Kinetiese energie van vloeier 5.png
u1=0,u2>0ΔPKE=pv,2α

Drukverskil tussen beginpunt en eindpunt (ΔPEP)

Hierdie is bloot die drukverskil tussen die begin van die pypstelsel en die eindstelsel. Dus is:

ΔPEP=P2P1

Wrywingsdrukval (ΔPf)

Die wrywingsdrukval in 'n pyp word gegee deur die Darcy-Weisbach-vergelyking tesame met die Colebrookvergelyking wat 'n funksie is van die Reynoldsgetal om f' te bepaal.

Naam van vergelyking Vergelyking Beskrywing
Darcy-Weisbachvergelyking ΔPf=fΣ(LD)ρu22000
  • ΔPf – Wrywingsdrukval [kPa]
  • f – Darcy/Moody wrywingsfaktor. Word bepaal deur die Colebrookvergelyking of die Moodygrafiek.
  • Σ(L/D) – (Ekwivalente) lengte van pyp [dimensieloos].
  • ρDigtheid van vloeier [kg/m3]
  • u – Vloeisnelheid [m/s]
Colebrookvergelyking 1f=2log(ε/D3.7+2.51Ref)
  • f – Darcy/Moody wrywingsfaktor
  • ϵ – Ruheidsfaktor [m] (normaalweg 0.045 mm of 0.000045 m)
  • D – Pyp binnediameter [m] (ε/D moet dimensieloos wees)
  • ReReynoldsgetal [dimensieloos]
Reynoldsgetal Re=ρuDμ
  • ReReynoldsgetal [dimensieloos]
  • ρDigtheid van vloeier [kg/m3]
  • u – Vloeisnelheid [m/s]
  • D – Pyp binnediameter [m]
  • μ – dinamiese viskositeit in [Pa.s] of [N.s/m2] of [kg/(ms)]

Drukval oor beheerklep (ΔPCV)

Kyk beheerklep.

Drukval oor ander toerusting (ΔPEQ)

Kyk:

Soniese vloei

Lêer:Vloei punt 1 na punt 2.png

Indien vloei hoogs saampersbaar is (gasvloei), bestaan die gevaar dat soniese vloei mag voorkom.

Soniese vloei is die maksimum vloeitempo wat in 'n pyp kan voorkom.

Gestel jy het 'n pyp met vloei van punt 1 na punt 2 (kyk prentjie aan die regterkant):

Indien die druk by punt 1 (P1) konstant gehou word en die druk by punt 2 (P2) verlaag word, sal die vloei in die pyp verhoog. Let daarop dat die snelheid net voor punt 2 die hoogste gaan wees omdat die druk die laagste is en daarom die dightheid van die gas die laagste is. Omdat die snelheid afhang van die digtheid, gaan die snelheid net voor punt 2 die hoogste wees.

Indien P2 só verlaag word dat die vloei net voor punt 2 (P2a) soniese snelheid bereik, sal die vloei in die pyp nie verder verhoog nie en sal P2a ook nie verder verlaag nie. Om die druk egter af te bring van P2a na P2, sal die energie geabsorbeer word deur skokgolwe wat ernstige vibrasies en geraas sal veroorsaak. Dus moetː

v<vs

Om soniese snelheid te bepaal, kan die volgende vergelyking gebruik wordː

vs=91.19kZTM=91.19kPRρ

(Vir Britse eenhede moet 91.19 vervang word met 223 en is R = 10.73 ft3.psia/(lb-mol.°R))

k=CPCV Sjabloon:Spaces ρ=PMRT

Waar:

  • v = Werklike snelheid in m/s
  • vs = Soniese snelheid in m/s
  • P = Absolute druk in kPa(a)
  • T = Temperatuur in Kelvin
  • CP = Warmtekapasiteit by konstante druk
  • CV = Warmtekapasiteit by konstante volume
  • Z = Saampersbaarheidsfaktor
  • ρ = digtheid in kg/m3
  • R = 8.314 kPa.m3/(kmol.K)
  • M = Molêre massa in kg/kmol

Pro rata drukvalformule

Die volgende pro rata drukformule kan gebruik word om 'n bekende drukval te herlei by ander toestande:

ΔP1ΔP0=(V1V0)2(ρ0ρ1)(μ1μ0)0.2(d0d1)±5

Waar:

Vir 'n stelsel geld:

ΔP=K10×V2

Bepaling van die eenhede van K as druk in kPa is en V in t/h:

[Pa]=[Nm2]=[kg.m/s2m2]=[kgms2]

K=ΔPV2=[kPa][t/h]2=1000[Pa][t/h]2=1000[kgms2h2t2]×[3600sh]2×[t1000kg]2=[12960mkg]

Soliedes-uitsakking in lyne

Indien 'n vloeistof soliedes (=vaste stowwe) bevat is daar 'n kritiese snelheid wat gehandhaaf moet word sodat die soliedes nie uitsak nie. Om dit te bereken word Durand[1] se formule gebruik:

ul=Fl2gD(SGsSGl)SGl

Waar:

  • ul = Kritiese snelheid om uitsakking van soliedes te verhoed [m/s]
  • Fl = Dimensielose faktor
  • g = Gravitasieversnelling = 9.81 m/s2
  • D = Binnediameter van pyp [m]
  • SGl = Spesifieke gravitasie van die vloeistof
  • SGs = Spesifieke gravitasie van die droë soliedes


Bylaes

Bylae A: Norman Lieberman se vereenvoudigde formule

Die bekende Norman Lieberman het die volgende vereenvoudigde formule afgelei om die drukval deur 'n pyp te bepaal:[2]

ΔP100vt=4d×ρ62×u228

Waar:

  • ΔP100vt = Drukval in pvd (pond per vierkante duim) per 100 voet pyp.
  • d = Pyp binnediameter in duim.
  • ρ = Digtheid van vloeier in lb/vt3.
  • u = Snelheid in pyplyn in vt/s (voet per sekonde).
  • 4 = Empiries bereken.
  • 62 = Digtheid van water [lb/vt3]. Dus is die middelste "term", ρ/62 die spesifieke gravitasie.
  • 28 = Drukomskakeling van duim water na pvd.

Standaardeenhede

Die formule hierbo kan ook soos volg geskryf word:

ΔP=4100×62×28ρu2d=2.3014×105Lρu2d

Waar:

  • ΔP = Drukval in pyp in pvd
  • L = Lengte van pyp in voet

Die konstante se eenhede is dus:

2.3014×105pvd11vtvt3lb(svt)2dm1=2.3014×105 pvd.dmlb.s

Skakel nou die konstante om na standaard eenhede:

2.3014×105 pvd.dmlb.s×101.325 kPa14.696 pvd×0.0254 m1 dm×1 lb0.4536 kg=8.8959×106 kPa.mkg.s

Dus is die formule hierbo in standaardeenhede soos volg:

ΔP=8.8959×106 Lρu2D

Waar:

  • ΔP = Drukval in pyp in kPa
  • L = Lengte van pyp in m
  • ρ = Digtheid van die vloeier in kg/m3
  • D = Binnediameter van die pyp in m

of

ΔP100m=8.8959×104ρu2D=0.88959 ρu2d

Waar:

  • ΔP100m = Drukval in pyp per 100 meter pyp in kPa.
  • d = Binnediameter van die pyp in mm.

Kyk ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Kyk bv LIQUID-SOLID FLOW.
  2. Verkry uit kursusnotas wat Normal Lieberman aangebied het in 2014