Stikstofmonoksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Die rol van NO in die vorming van osoon

Stikstofmonoksied is 'n chemiese verbinding van stikstof en suurstof met formule NO.

Hierdie oksied is 'n kleurlose prikkelende gas wat maklik met suurstof in die atmosfeer reageer om die bruin gas stikstofdioksied (Sjabloon:Chem) te vorm. Die diatomiese NO-molekuul het 'n onewe aantal elektrone en is 'n paramagnetiese radikaal.

Biologiese rol

Die NO-molekuul speel 'n belangrike rol in die menslike liggaam. Daar is 'n ensiem wat hierdie molekuul uit die aminosuur L-arginien vervaardig. Hierdie ensiem word byvoorbeeld in die neurone van die lugweë aangetref. NO dien as 'n boodskapper wat inligting van die een senuweesel na 'n ander oordra.[1]

Vorming en reaktiwiteit

Stikstofmonoksied word gewoonlik in die nywerheid vervaardig deur ammoniak te verbrand:

4NH3+5O24NO+6H2O

Hierdie proses vereis ongeveer 900 °C en 'n katalisator soos platinum. Die gevormde NO moet ook vinnig tot 150 °C afgekoel word om te verhoed dat Sjabloon:Chem gevorm word.[2]

NO kan uit oksidasiereaksies van salpetersuur gevorm word:

2NO3+3Cu(s)+8H+2NO(g)+3Cu2+(aq)+4H2O

NO kan met halogene oksohalogeniede vorm, soos:[3]

2NO(g)+Cl2(g)2NOCl(g)

Hierdie verbinding kom ook in koningswater voor.

Besoedeling

NO kan in 'n binnebrandenjin ontstaan en hierdie proses is 'n belangrike bron van lugbesoedeling. Stikstofmonoksied kan in die lae atmosfeer as 'n katalisator optree in 'n fotochemiese proses wat osoon vorm. Motorvoertuie word dikwels met 'n katalisator toegerus om dit te verhoed.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Chemiesaadjie Sjabloon:Navigasie NxOy

  1. Nitric Oxide and Free Radicals in Peripheral Neurotransmission Sjabloon:Outeur Springer Science & Business Media, 2012, ISBN 1-4612-1328-2, ISBN 978-1-4612-1328-4
  2. Potential for Industrial Energy-Efficiency Improvement in the Long Term Sjabloon:Outeur Springer Science & Business Media, 2013, ISBN 9401727287, ISBN 9789401727280, bls. 210
  3. Sjabloon:Ref:Weller