Swaweltrioksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Swaweltrioksied is 'n verbinding van swawel en suurstof met formule Sjabloon:Chem.

Vorming

Die word deur oksidasie van swaweldioksied met suurstof vervaardig, maar hierdie reaksie vereis 'n katalisator:[1]

SO2(g)+O2(g)katalisatorSO3(g)

Die katalisator kan fynverdeelde platinum wees, maar hierdie katalisator raak maklik deur arseen of 'n halogeen vergiftig. 'n Ander moontlikheid is natriumvanadaat wat van vanadiumpentoksied en natriumoksied voorberei kan word. Teen die reaksietemperatuur van 400 °C is hierdie stof 'n vloeistof. [1]

Strukture

In die gasfase is swaweltrioksied 'n monomere molekule met 'n plat trigonale struktuur. By kamertemperatuur is die verbinding 'n wit vaste stof, waarvan drie allotrope bekend is:[1]

  1. α-Sjabloon:Chem se struktuur het 'n polimere netwerk. Sy dampdruk is die laagste en sy smeltpunt die hoogste. Dit is die stabiele fase.
  2. β-Sjabloon:Chem is 'n heliese polimeer
  3. γ-Sjabloon:Chem is 'n molekulêre trimeer Sjabloon:Chem met 'n ringvormige struktuur. 'n Metastabiele vloeistof by kamertemperatuur.

Die stof word gewoonlik as sy metastabiele vloeibare γ-vorm met 'n stabiliseerder soos 0,3% demetielsulfaat met 0,005% boorsuur verhandel om die polimerisasie na die vaste vorms te verhinder. Hierdie oorgang kan tot ontploffings lei.[2]

Eienskappe

Oleum

Sjabloon:Hoofartikel Swaweltrioksied reageer met water en vorm swawelsuur

SO3+H2OH2SO4

Hierdie reaksie is egter so heftig dat dit ontplof. In die produksie van swawelsuur word daarom die trioksied eers in swawelsuur opgelos. Dit produseer piroswawelsuur Sjabloon:Chem:

SO3+H2SO4H2S2O7

Hierdie stof kan later met water verdun word en dit gee dubbel die hoeveelheid swawelsuur:

H2S2O7+H2O2H2SO4

Organiese reagens

Swaweltroksied word in die organiese chemie opgelos in tetrachloormetaan gebruik om sulfonsure te vervaardig, bv.:[3]

C15H31COOH+SO3CCl4;65CC14H29CH(SO3H)COOH

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Normdata

  1. 1,0 1,1 1,2 Sjabloon:Cite book
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PubChem
  3. Sjabloon:Cite book