Terbiumfosfaat
Sjabloon:Chemiekas2 Terbiumfosfaat is 'n sout van terbium en fosforsuur met die chemiese formule Sjabloon:Chem.
Die stof en sy kristalle kan uitgaande van die suiwer metaal met 'n hidrotermale metode vervaardig word.[1]
Kristalstruktuur
Die verbinding kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur soos die mineraal xenotiem. Hierdie struktuur is as die sirkoon-struktuur bekend, die S1Sjabloon:Sub-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Dit is so vir al die later lantaniedfosfate Sjabloon:Chem, Ln=Tb,Dy,Ho,Er,Tm,Yb en Lu.[2]
Daar bestaan 'n hemihidraat Sjabloon:Chem.0,5Sjabloon:Chem wat die rabdofaan-tipe struktuur het en wat gevorm word as 'n neerslag deur 'n oplossing van Sjabloon:Chem met 'n oormaat Sjabloon:Chem te meng. Die pH word daarna bygestel tot 3 met 'n oplossing van ammoniak.[3]
Die hemihidraat kan verhit word om die watervye terbiumfosfaat te vorm. By 1173 lewer dit egter 'n fase met die monokliniese monasiet-struktuur (P 2Sjabloon:Sub/c; nommer 14; a=661,15(12); b=681,31(18); c=631,43(12); β=104.1(2)), soos dit ook met die lantaniede van La-Gd gevind word. Verhitting tot bo 1373 lewer die xenotiemfase. Die monasietfase se vormingsentalpie is −1968.6 ± 4.6 [kJ/mol].[3]
Nanostafies
Nanostafies van terbiumfosfaat kan hidrotermaal vervaardig word deur oplossings van terbiumchloriedhidraat met ammoniumdiwaterstoffosfaat by 200°C 20 uur te verhit:
Die produk is nogtans 'n hidraat van terbiumfosfaat wat 'n heksagonale kristalstruktuur het.
Terbiumfosfaat het interessante optiese eienskappe. Die stof kan met ultraviolet lig in aangeslane toestand gebring word en straal dan lig uit van 'n paar bepaalde golflengtes: 270, 312, 350, 370, 482 nm.[4]
Verwysings
- ↑ Sjabloon:Cite book
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedNi - ↑ 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedUsha - ↑ Sjabloon:Cite journal