Colebrookvergelyking

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die Colebrookvergelyking word gebruik om die wrywingsfaktor (f' of f) te bereken vir vloei in 'n pyp.

Die Moodygrafiek kan ook gebruik word om die wrywingsfaktor te bepaal as berekeninge met die hand gedoen word. Sagteware pakkette of Excel sigblaaie gebruik egter eerder die Colebrookvergelyking (of benaderings daarvan) om die wrywingsfaktor outomaties te bereken.

Verskillende wrywingsfaktore

Neem kennis van die verskillende wrywingsfaktore:

f=fDarcy/Moody=4fFanning=8fStanton en Pannel

Maak altyd seker die regte faktor gebruik word. In hierdie blad word met die Darcy/Moody wrywingsfaktor gewerk.

Colebrookvergelyking

Die Colebrookvergelyking is die akkuraatse om die wrywingsfaktor te bereken:

1f=2log(ε/D3.7+2.51Ref)

Waar:

  • f - Darcy/Moody wrywingsfaktor [dimensieloos]
  • ϵ - Ruheidsfaktor [m] (normaalweg 0.045 mm of 0.000045 m)
  • D - Pyp binnediameter [m]
  • ε/D - Hierdie term se eenhede moet dimensieloos wees.
  • Re - Reynoldsgetal [dimensieloos]

Die nadeel van hierdie vergelyking is dat dit deur 'n iteratiewe metode opgelos moet word of die "Goal seek" funksie in Excel moet gebruik word.

'n Algemene duimreël is om f' = 0.02 as eerste raaiskoot te neem.

Benaderings vir die Colebrookvergelyking

Omdat dit nie maklik is om f' uit die Colebrookvergelyking te bepaal nie (die formule kan nie herrangskik word sodat f' alleen staan nie), is daar andere wat benaderingsformules opgestel het die vir Colebrookvergelyking:

Swamee-Jainvergelyking

Hierdie is 'n goeie benadering om die Darcy of Moody wrywingsfaktor te bepaal en is makliker om te gebruik omdat dit f' slegs aan die een kant van die vergelyk het en is dit dus nie nodig om gelyktydig op te los nie:

Die volgende aanname word gemaak:

2.51Ref5.74Re0.9

Dus is:

1f=2log(ε/D3.7+5.74Re0.9f)

En daarom:

f=0.25[log10(ε/D3.7+5.74Re0.9)]2

Churchill se vergelykings

Churchill se vergelyking kan ook gebruik word om die Darcy of Moody wrywingsfaktor te bepaal en het, soos die Swamee–Jain vergelyking, ook die voordeel dat f' makliker opgelos kan word as in die geval van die Colebrookvergelyking.

f=8[(8Re)12+1(A+B)1.5]1/12
A=(2.457ln[(7Re)0.9+0.27(εD)])16B=(37530Re)16

Lae Reynoldsgetalle

Indien die Reynoldsgetal minder as 2000 is kan die volgende benadering gebruik word:

Darcy of Moody wrywingsfaktor: f64Reas Re<2000

Fanning wrywingsfaktor: fFanning14fDarcy/Moody=16Reas Re<2000

Tabel van benaderings

Die volgende tabel gee 'n lys van benaderings vir die Darcy/Moody wrywingsfaktor:[1]

  • Re: Reynoldsgetal (dimensieloos)
  • λ: Darcy/Moody wrywingsfaktor (dimensieloos)
  • ε: Pypruheidsfaktor (dimensie=lengte)
  • D: Pyp dinnediameter

Neem kennis dat die Churchillvergelyking [2] (1977) die enigste is wat 'n korrekte waarde vir die wrywingsfaktor gee in die laminêre vloeigebied (Reynoldsgetal < 2300). Al die ander vergelykings is opgestel vir turbulente vloei alleen.

Tabel van Colebrookvergelyking benaderings
Vergelyking Outeur Jaar Verwysing

λ=.0055(1+(2×104εD+106Re)13)

Moody 1947

λ=.094(εD)0.225+0.53(εD)+88(εD)0.44ReΨ

where
Ψ=1.62(εD)0.134
Wood 1966

1λ=2log(ε3.715D+15Re)

Eck 1973

1λ=2log(ε3.7D+5.74Re0.9)

Jain and Swamee 1976

1λ=2log((ε3.71D)+(7Re)0.9)

Churchill 1973

1λ=2log((ε3.715D)+(6.943Re)0.9))

Jain 1976

λ=8[(8Re)12+1(Θ1+Θ2)1.5)]112

where
Θ1=[2.457ln[(7Re)0.9+0.27εD]]16
Θ2=(37530Re)16
Churchill 1977

1λ=2log[ε3.7065D5.0452Relog(12.8257(εD)1.1098+5.8506Re0.8981)]

Chen 1979

1λ=1.8log[Re0.135Re(εD)+6.5]

Round 1980

1λ=2log(ε3.7D+5.158log(Re7)Re(1+Re0.5229(εD)0.7

Barr 1981

1λ=2log[ε3.7D5.02Relog(ε3.7D5.02Relog(ε3.7D+13Re))]

or

1λ=2log[ε3.7D5.02Relog(ε3.7D+13Re)]

Zigrang and Sylvester 1982

1λ=1.8log[(ε3.7D)1.11+6.9Re]

HaalandSjabloon:Efn[3] 1983

λ=[Ψ1(Ψ2Ψ1)2Ψ32Ψ2+Ψ1]2

or

λ=[4.781(Ψ14.781)2Ψ22Ψ1+4.781]2

where
Ψ1=2log(ε3.7D+12Re)
Ψ2=2log(ε3.7D+2.51Ψ1Re)
Ψ3=2log(ε3.7D+2.51Ψ2Re)
Serghides 1984

1λ=2log(ε3.7D+95Re0.98396.82Re)

Manadilli 1997

1λ=2log{ε3.7065D5.0272Relog[ε3.827D4.657Relog((ε7.7918D)0.9924+(5.3326208.815+Re)0.9345)]}

Monzon, Romeo, Royo 2002

1λ=0.8686ln[0.4587Re(S0.31)S(S+1)]

where:
S=0.124ReεD+ln(0.4587Re)
Goudar, Sonnad 2006

1λ=0.8686ln[0.4587Re(S0.31)S(S+0.9633)]

where:
S=0.124ReεD+ln(0.4587Re)
Vatankhah, Kouchakzadeh 2008

1λ=α[α+2log(BRe)1+2.18B]

where
α=(0.744ln(Re))1.41(1+1.32εD)
B=ε3.7DRe+2.51α
Buzzelli 2008

λ=6.4(ln(Re)ln(1+.01ReεD(1+10εD)))2.4

Avci, Kargoz 2009

λ=0.24790.0000947(7logRe)4(log(ε3.615D+7.366Re0.9142))2

Evangleids, Papaevangelou, Tzimopoulos 2010

Kyk ook

Notas

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Sjabloon:Cite journal
  2. Sjabloon:Cite journal
  3. BS Massey Mechanics of Fluids 6th Ed ISBN 0-412-34280-4