Driehoeksmeting

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Di
Di

Driehoeksmeting of trigonometrie is 'n vertakking van die wiskunde wat oor driehoeke handel. Dit ondersoek veral driehoeke waarvan een hoek 90° is (reghoekige driehoeke), asook die verhoudings tussen hoeke en sylengtes — byvoorbeeld die trigonometriese funksies soos sinus (sin), cosinus (cos) en tangens (tan). Afgesien van gewone driehoeke in 'n plat vlak, word driehoeke op 'n sfeer ook ondersoek in sferiese trigonometrie.

'n Trigonometriese sirkel is 'n sirkel met 'n straal van 1 en die middelpunt as oorsprong van die assestelsel. Die cosinus van die hoek α is die waarde van α op die sirkel op die x-as en die sinus van α is die waarde op die y-as. Daarin word die volgende verwantskappe sigbaar

sin(α )=sinα
cos(α )=cosα

Die tangens van 'n hoek is gedefinieer as die verhouding tussen die teenoorstaande en die aanliggende sye van 'n reghoekige driehoek en is dus:

tanα =sinα cosα 
tan(α )=tanα

Sinus, cosinus en tangens vir reghoekige driehoeke

In reghoekige driehoek ABC is

Lêer:Reghoekige driehoek abc.jpg

sinA=ac=1cscA  ; sinB=bc=1cscB

cosA=bc=1secA  ; cosB=ac=1secB

tanA=ab=1cotA  ; tanB=ba=1cotB

Om sin, cos en tan te onthou

Sin: “sints” → sin = teenoorstaande oor skuins

Cos: “cosas” → cos = aangrensend oor skuins

Tan: “tanta” → tan = teenoorstaande oor aangrensend

Excel

In Excel word sinus, cosinus en tangens soos volg gebruik:

Sin

  • SIN(30*PI()/180) = SIN(RADIANS(30)) = 0.5
  • ASIN(0.5)*180/PI() = DEGREES(ASIN(0.5)) = 30

Cos

  • COS(60*PI()/180) = COS(RADIANS(60)) = 0.5
  • ACOS(0.5)*180/PI() = DEGREES(ACOS(0.5)) = 60

Tan

  • TAN(45*PI()/180) = TAN(RADIANS(45)) = 1
  • ATAN(1)*180/PI() = DEGREES(ATAN(1)) = 45

Standaardidentiteite

Identiteite is die vergelykings wat geld vir enige waarde van hoek "A".

sin2A+cos2A=1 
sec2Atan2A=1 
csc2Acot2A=1 

Hoektransformasieformules

sin(A±B)=sinA cosB±cosA sinB
cos(A±B)=cosA cosBsinA sinB
tan(A±B)=tanA±tanB1tanA tanB
cot(A±B)=cotA cotB1cotB±cotA

Sinreël en Cosreël vir ongelyksydige driehoeke

Lêer:Driehoek abc.jpg

In driehoek ABC geld:

Sinreël: asinA =bsinB =csinC

Cosreël: cosA=b2+c2a22bc

Kyk ook

Sjabloon:Saadjie

Sjabloon:Normdata