Oppervlakte

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Rooiratel op 18:20, 21 April 2022 (Rol weergawe 2494264 deur 178.170.184.45 (bespreek) terug.)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Oppervlakte of area is die grootheidsuitdrukking van 'n tweedimensionele grootte van 'n gedefinieerde deel van 'n oppervlakte, tipies 'n gebied begrens deur 'n geslote kromme. Die term oppervlakte area verwys na die totale area van die ontblote oppervlaktes in 'n driedimensionele ruimteliggaam, soos die som van die areas van die ontblote kante van 'n poliëder (veelvlak). Die oppervlakte, simbool: A, dui die grootte van 'n tweedimensionele gebied aan. Die term oppervlakte word ook dikwels gebruik om die grootte van 'n stuk grond ('n plaas, erf of 'n land) aan te dui.

Eenhede

Die SI-eenheid van oppervlakte is die vierkante meter, m2. Dit is 'n afgeleide eenheid van die SI-eenheid meter. (Vir 'n lys van SI-eenhede sien SI-stelsel.)

Eenhede vir die meet van oppervlak area sluit in:
Metries VS & Britse eenhede Kaapse eenhede[1]
vierkante meter (m2) = SI afgeleide eenheid vierkante voet = 144 vierkante duim = 0.09290304 vierkante meter (m2) Kaapse vierkante voet = 0,099136 vierkante meter (m2) = 1,067089 vierkante voet (VK/VS)
aar (a) = 100 vierkante meter (m2) vierkante jaart = 9 vierkante voet = 0.83612736 vierkante meter (m2) Kaapse vierkante roed = 144 Kaapse vierkante voet = 14,19 vierkante meter (m2)
hektaar (ha) = 10,000 vierkante meter (m2) vierkante roede = 30.25 vierkante jaart = 25.2928526 vierkante meter (m2) morg = 600 Kaapse vierkante roede = 0,856 532 hektaar (ha).[2]
vierkante kilometer (km2) = 1,000,000 vierkante meter (m2) akker = 160 vierkante roede of 4,840 vierkante jaart = 4046.8564224 vierkante meter (m2)
vierkante megameters (Mm2) = 1012 vierkante meter (m2) vierkante myl = 640 akker = 2.5899881103 vierkante kilometer (km2)

Vergelykings

Oppervlakte kan as volg bereken word:

dA (2D-oppervlak)
dA (3D-oppervlak),

waar daar oor die oppervlak geïntegreer word.

Nuttige formules

2D

Tweedimensionale areas
Tweedimensionale areas
Algemene vergelykings van verskeie tweedimensionale voorwerpe:
Vorm Vergelyking Veranderlikes
Vierkant s2 s is die lengte van die kant van die vierkant.
Reëlmatige seshoek 332s2 s is die lengte van een kant van die seshoek.
Reëlmatige aghoek 2(1+2)s2 s is die lengte van een kant van die aghoek.
Enige reëlmatige poligoon (veelhoek) 12ap a is die kortstraal, of die radius van 'n ingeskrewe sirkel in die poligoon, en p is die omtrek van die poligoon.
Enige reëlmatige poligoon (veelhoek) P2/n4tan(π/n) P is die Omtrek en n is die aantal kante.
Enige reëlmatige poligoon (met gebruik van graadmeting) P2/n4tan(180/n) P is die Omtrek en n is die aantal kante.
Reghoek lw l en w is die lengtes van die reghoek se kante (lengte en breedte).
Parallelogram (in algemeen) bh b en h is die lengte van die basis en die lengte van die loodregte hoogte, onderskeidelik.
Rombus 12ab a and b is die lengtes van die twee hoeklyne van die rombus.
Driehoek 12bh b en h is die basis and hoogte (gemeet loodreg na die basis), onderskeidelik.
Driehoek s(sa)(sb)(sc) waar s=a+b+c2 (formule van Heron).
Driehoek 12absinC a en b van enige twee kante, en C is die hoek tussen hulle.
Sirkel πr2, of πD2/4 r is die radius en D die diameter.
Ellips πab a en b is die semi-hoof en semi-minor aste, onderskeidelik.
Trapesoïed 12(a+b)h a en b is die parallel kante en h die afstand (hoogte) tussen die parallele.
Totale oppervlakte area van 'n silinder. 2πr2+2πrh r en h is die radius en hoogte, onderskeidelik.
Syvlak area van 'n silinder 2πrh r en h is die radius en hoogte, onderskeidelik.
Totale oppervlakte area van 'n Konus πr(l+r) r en l is die radius en skuinshoogte, onderskeidelik.
Syvlak area van 'n konus πrl r en l is die radius en skuinshoogte, onderskeidelik.
Totale oppervlakte area van 'n sfeer 4πr2 of πd2 r en d is die radius en diameter, onderskeidelik.
Totale oppervlakte area van 'n ellipsoïdaal   Sien die artikel.
Sirkelvormige sektor 12r2θ r en θ is die radius en hoek (in radiale), onderskeidelik.
Vierkant na sirkelvormige area omskakeling 4πA A is die area van die vierkant in vierkante eenhede.
Sirkelvormige na vierkante area omskakeling 14Cπ C is die area van die sirkel in sirkeleenhede.

3D

Algemene vergelykings van verskeie driedimensionale voorwerpe:
Vorm Vergelyking Veranderlikes
Totale oppervlakte area van 'n kubus 6s2 waar s die lengte is van 'n sy van die kubus.
Totale oppervlakte area van 'n reghoekige blok 2((lw)+(lh)+(wh)) waar l, w en h onderskeidelik die lengte, breedte en hoogte van die blok is.
Totale oppervlakte area van 'n bol 4πr2 waarin r die straal van die bol is.
Totale oppervlakte area van 'n silinder 2πr(h+r) waar r die straal van die sirkelvormige basis is, en h die hoogte van die silinder.
Totale oppervlakte area van 'n kegel πr(r+(r2+h2)) waarin r die straal van die sirkelvormige basis is, en h die hoogte van die kegel is.
Totale oppervlakte van 'n torus 4π2Rr waarin R is die afstand vanaf die middelpunt van die buisie tot die middelpunt van die torus, r is die straal van die buisie met die voorwaarde dat R>r
Oppervlakte van 'n sferiese driehoek (A+B+Cπ)r2 waar A, B en C is die hoeke van die driehoek en r is die straal van die sfeer.

Wiskundige afleiding

Deur gebruik te maak van A=dA:

  • sirkel: yyR2y2R2y2=πR2. Uiteraard is dit eleganter om die sirkel polêr te beskryf en in 'n polêre assestelsel te integreer.

Sien ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Eksterne skakels

Sjabloon:Wikt

Sjabloon:Normdata